Call +27 82 562 6943
More Info? E-mail Us
2 Link Road, Linton Grange, Gqeberha, 6015

Wat sterk gesinne doen - 3

 Philip Voigt Life Coaching   2022-08-22  Comments Family
Girl Gf96241a5a1920

TOEWYDING - COMMITMENT
 
“Family is not just an important thing. It's everything.”
“The love of a family is Life's greatest blessing.”
“It just feels good to be part of a warm and loving family.”
 
LET WEL: Hierdie TEMAS kan lei tot ONGEMAKLIKE, MOEILIKE GESPREKKE. Soms kan dit nie anders nie! Moet ook nie daarvan wegskram nie. ‘n Wenk, moet net nie blameer of verwyt nie – spreek jou behoeftes uit, “EK SAL DAARVAN HOU AS JY………………”. Kry ook duidelikheid oor jou behoeftes en waarom dit vir jou belangrik is. En sê dit: “EK SAL DAARVAN HOU AS JY MY MEER GEREELD KOMPLIMENTEER, DIT LAAT MY GOED VOEL OOR MYSELF.” So iets!
 
TOEWYDING aan ‘n gesin, is die fondament waarop ‘n STERK GESIN gebou is.
 
In ‘n sterk gesin, kom die GESIN EERSTE! PRIORITEIT nommer EEN! Want dit word as WAARDEVOL gesien.
 
Daar is baie dinge wat kompeteer met die gesin as prioriteit. Byvoorbeeld werk en skool. Hierdie 2 dinge kan ‘n baie groot impak op die gesinslewe hê. Ma en pa se WERK kan baie uitdagings bring, baie tyd in beslag neem, baie aandag vra, baie energie opgebruik. SKOOL ook – kinders is baie besig met skool, dalk te besig met skool. Byvoorbeeld vragte huiswerk vir tot klein kindertjies met min rustige gesinstyd in die aande.
 
In ‘n gesin WAT EERSTE KOM,
-is daar altyd tyd en energie om dinge saam met mekaar te doen
-is daar eenheid en harmonie, daar is vrede
-is daar vertroue, respek en aanvaarding
-is daar rigting, saam oppad vorentoe
-is daar ondersteuning, dit is mense wat mekaar help, dit is mense wat kan staatmaak op mekaar, dit is ‘n veilige plek
In ‘n gesin WAT EERSTE KOM,
-is daar ‘n baie sterk gevoel van BEHOORT, omdat hulle betrokke is by mekaar
-word ‘profound memories’ gebore word
-is daar ‘n spesiale soort liefde, ‘n ‘steady’ liefde, ‘n liefde wat seker is, wat nie affekteer word deur ‘mood swings’, of moeilike tye of die verloop van tyd nie, dit is bewuste onvoorwaardelike liefde.
 
Om ‘n GESIN WAT EERSTE IS, te kan hê, is daar werk om te doen,
-dit begin by ‘n besluit, ‘n belofte, ‘EK BELOWE EK SAL LIEF WEES VIR HIERDIE GESIN’
-uit hierdie belofte vloei daar ‘n paar dinge
 
1 Die ander een se geluk en welsyn is baie belangrik vir my, ons soek die beste vir mekaar,
-daarom kan ons nie SELFSUGTIG WEES nie
-daarom vra ons altyd hoe ‘n besluit, hoe my besluit, my gesin gaan affekteer
-daarom word besluite bespreek en word saam besluit
 
2 Opofferings en aanpassings is nie ‘n probleem nie
-as ek moet opoffer dan offer ek op, al is dit nie maklik, my eie behoeftes en begeertes eenkant skuif – belangrik om te onthou: dit moet nie altyd dieselfde een wees wat die opofferings maak nie – dan is iets fout – dan speel iemand nie volgens die reëls nie; SONDER OPOFFERINGS sal ‘n gesin NOOIT EERSTE kom nie!
-en as ek moet verander dan verander ek, ter wille van die eenheid en harmonie; moet nooit sê dit is hoe ek nou maar is nie, aanvaar my maar so; as hoe ek nou maar is, die eenheid en harmenie van die gesin versteur, dan moet ek VERANDER
 
3 Ek voel VERANTWOORDELIK vir hierdie mense, en neem dit op my
-ek is VERANTWOORDELIK vir hoe my kinders eendag gaan wees, daarom leer ek hulle goeie waardes, om om te gee vir mense, ens,
-ek onttrek nooit nie, ek trek nie my skouers op asof wat hulle doen niks met my te doen het nie … ek doen wat gedoen moet word, wat ookal dit van my vra
-op dieselfde manier neem ek VERANTWOORDELIK vir my man of vrou
-En as ‘n Christen sien ek my gesin as mense WAT GOD AAN MY TOEVERTROU HET!
 
‘n Laaste gedagte, oor tyd saam, die KWALITEIT-KWANTITEIT argument!
 
Kwaliteit tyd is soms ‘n handige verskoning om nie kwantiteit tyd te gee nie. Dit is nie die een of die ander een nie, altwee is belangrik. Daar moet tyd vir sommer net saam met mekaar wees. Dit is van uiterste belang vir kinders. Net dinge saam doen, in die sandbak, met ‘n bal, in die kar. Dit is daardie sommer net saam wees tye wat kinders laat glo dat ma en pa hulle liefhet. Dit is daardie tye wat die brug bou tussen ouer en kind. Dit is die daardie tye wat kinders die vrymoedigheid gee om hulle harte teenoor hulle ouers oop te maak.
 
En kwaliteit tyd is ook belangrik – dit is die tyd wat vir saamwees GESKEP word. Tye van onverdeelde aandag, wanneer dinge SAAM gedoen word, gereël word, die lewe geniet word, mense mekaar dieper leer ken. Dit is die AFSPRAKE wat ons met mekaar maak. Man en vrou met mekaar. ‘n Ouer met ‘n kind. Dit verdiep die konneksie en intimiteit.
 
We are one – we are family!

Filter

Search

Show

20
20
32
64
100
200

Sort

Age: New to Old
Age: New to Old
Age: Old to New
Title

Categories

Select All
Family
Search  

Comments

Be the first to write a comment.

Leave a Comment

Replying to...
Name / Nickname *
Email *
Comment *
Submit Comment

Contact

Name *
Number *
Regarding *

Contact Details

philip@philipvoigtlifecoaching.com
082 562 6943
2 Link Road, Linton Grange, Gqeberha, 6015

Using this site means you accept its terms | Copyright © 2024 Philip Voigt Life Coach, Gqeberha, South Africa
Powered by Webpro | Created by IT Design
Top