Wat sterk gesinne doen – Deel 7: Gesonde geloof

By Philip Voigt2 min read

Navorsing wys dat sterk gesinne wêreldwyd glo in ’n groter mag wat hulle lewens kan verander. Geloof is een van die geheime van sterk gesinne.

Wat sterk gesinne doen – Deel 7: Gesonde geloof

Gesonde geloof

Wat dink jy is die een ding wat jou gesin saambind as ’n hegte eenheid?

Navorsing het gewys dat sterk gesinne, wêreldwyd, glo in ’n groter mag wat hulle lewens kan verander — wat hulle die krag gee om in moeilike tye te oorleef, en wat hoop en sin aan hulle lewens gee. Geloof in hierdie groter mag, geestelike oortuigings, is een van die geheime van sterk gesinne. Hierdie geestelike dimensie word deur verskillende gesinne en kulture op verskillende maniere verstaan. Vir ’n volgeling van Jesus Christus is dit geloof in die Drie-Enige God: Vader, Seun en Heilige Gees.

Wat bied geloof in God vir gesinne?

  • Dit bind gesinne saam — ’n gedeelde, diep oortuiging skep ’n sterk band.
  • Dit gee sin en betekenis aan die lewe en beantwoord vrae soos “Waarom is ek hier?”
  • Dit bring ’n positiewe perspektief: daar is probleme, maar daar is altyd hoop.
  • Dit gee riglyne om volgens te leef — om lief te hê, om te gee, om te vergewe en te deel.
  • Dit maak ons vry van negatiewe emosies soos bekommernis, woede, angs en skuldgevoelens.
  • Dit moedig uitreik en verhoudings aan — gesinne wat positief op mekaar inwerk en saamstaan.
  • Dit maak dit moontlik om te bid — saam, vir mekaar en vir ander.

’n Lewende geloof in God maak die lewe makliker en die gesin ’n lekkerder plek. Hoe belangrik is geloof in jou lewe, en in dié van jou gesin?

Hierdie was die laaste in ons reeks Die ses dinge wat sterk gesinne doen. Die terugvoer wat ek kry, is dat hierdie ses dinge nie ewe maklik is om in alle gesinne oor te praat nie — van die temas was vir party gesinne baie ongemaklik. Maar druk deur, en as julle vashaak, kry iemand met wie julle kan gesels.

’n Laaste gedagte, ’n persoonlike opinie: partykeer is dit beter om nie foute te probeer regmaak nie, maar eerder net die regte dinge te begin doen — al is dit babasteps.

“Family is not just an important thing. It’s everything.”
“The love of a family is life’s greatest blessing.”
“It just feels good to be part of a warm and loving family.”