Wat sterk gesinne doen – Deel 3: Toewyding
Toewyding aan ’n gesin is die fondament waarop ’n sterk gesin gebou is. In ’n sterk gesin kom die gesin eerste — prioriteit nommer een.

Toewyding — commitment
“Family is not just an important thing. It’s everything.”
“The love of a family is life’s greatest blessing.”
“It just feels good to be part of a warm and loving family.”
Let wel: hierdie temas kan lei tot ongemaklike, moeilike gesprekke. Soms kan dit nie anders nie. Moet ook nie daarvan wegskram nie. ’n Wenk: moenie blameer of verwyt nie — spreek jou behoeftes uit. “Ek sal daarvan hou as jy my meer gereeld komplimenteer; dit laat my goed voel oor myself.” So iets.
Toewyding aan ’n gesin is die fondament waarop ’n sterk gesin gebou is. In ’n sterk gesin kom die gesin eerste — prioriteit nommer een — want dit word as waardevol gesien.
Daar is baie dinge wat met die gesin kompeteer as prioriteit, byvoorbeeld werk en skool. Ouers se werk kan baie uitdagings bring, baie tyd in beslag neem en baie energie opgebruik. Skool ook — kinders is baie besig, dalk te besig, met vragte huiswerk en min rustige gesinstyd in die aande.
In ’n gesin wat eerste kom, is daar altyd tyd en energie om dinge saam te doen; is daar eenheid, harmonie en vrede; is daar vertroue, respek en aanvaarding; is daar rigting — saam oppad vorentoe; en is daar ondersteuning. Dit is mense wat mekaar help, op mekaar kan staatmaak, en vir mekaar ’n veilige plek is. Daar is ’n sterk gevoel van behoort, en ’n spesiale, ‘steady’ liefde wat nie deur buie of moeilike tye geaffekteer word nie.
Om ’n gesin te hê wat eerste is, is daar werk om te doen. Dit begin by ’n besluit, ’n belofte: “Ek belowe ek sal lief wees vir hierdie gesin.” Uit daardie belofte vloei ’n paar dinge: die ander se geluk en welsyn is vir my belangrik (daarom kan ons nie selfsugtig wees nie); opofferings en aanpassings is nie ’n probleem nie; en ek voel verantwoordelik vir hierdie mense en neem dit op my.
’n Laaste gedagte oor tyd saam — die kwaliteit-teenoor-kwantiteit-argument. Dit is nie die een of die ander nie; altwee is belangrik. Daar moet tyd wees om sommer net saam te wees, veral vir kinders. Dit is daardie ‘sommer net saam’-tye wat die brug bou tussen ouer en kind. En kwaliteit-tyd — tyd wat doelbewus vir saamwees geskep word — verdiep die konneksie en intimiteit. We are one — we are family!


