Call +27 82 562 6943
More Info? E-mail Us
2 Link Road, Linton Grange, Gqeberha, 6015

Wat sterk gesinne doen - 2

 Philip Voigt Life Coaching   2022-08-22  Comments Family
Brother G6143268831920

WAARDERING EN WARMTE
 
“Family is not just an important thing. It's everything.”
“The love of a family is Life's greatest blessing.”
“It just feels good to be part of a warm and loving family.”
 
WAT IS WAARDERING IN VERHOUDINGS?

Dit is om waarde te heg aan iemand.In ‘n woordeboek definisie: “recognition and enjoyment of the good qualities of someone.” Om DANKBAAR te wees, en opgewonde oor ‘n spesifieke persoon in my lewe.
 
Moeder Theresa het gesê daar is ‘n groter honger in die wêreld na liefde en waardering as na brood.  Elkeen wil WAARDEER word!
 
WAT DOEN WAARDERING AAN ONS?
Waardering laat iemand geliefd voel, gerespekteerd voel, veilig voel (dit gee emosionele sekuriteit), toe om foute te maak.
Dit inspireer en motiveer ‘n mens om te groei, te leet en beter te wees. Dit bou die SELFBEELD.
Kinders wat WAARDEER word, voel spesiaal, wat hulle baie help met die lewe wat op en af kan wees. Kinders wat waardeer word kom baie goed in hulle eie verhoudings klaar, verhoudings met baie minder konflik.
Waardering versterk die gesinsband. Dit skep vertroue. Dit bind gesinslede diep emosioneel aan mekaar.
WAARDERING bring WARMTE wat FISIESE EN EMOSIONELE SEKURITEIT gee.
 
WAT WORD WAARDEER?
Wat iemand IS – die unieke van elkeen, talente, persoonlikheid & temperament.
Wat iemand DOEN – help, ondersteun, ens…
 
WAARDERING MOET WYS – DAAR IS 3 MANIERE
[1] WAARDERING WYS in ‘n positiewe ingesteldheid teenoor mekaar, ‘n opgewondenheid oor mekaar, in hoe ons mekaar hanteer, in hoe ons in mekaar belangstel, in intensionele ondersteuning en aanmoediging (ingestel daarop). Waardering word gewys wanneer ons mekaar vertrou.
Waardering word gedryf deur ‘n DIEPE LIEFDE VIR MEKAAR.
 
[2] Waardering word gesê. “Dankie.” “Ek is lief vir jou.” Ek sien jou uniekheid raak.” “Ek hou van hoe jy is, hoe jy dit doen.” Erken mekaar se verskille, talente en vermoëns.
Waardering is nie BANG om dit te doen en gereeld nie. Waardering prus gereedl.
Waardering sê “Ek glo in jou.”
 
[3] Waardering word gedoen. Wanneer ons mekaar se aktiwiteite bywoon omdat ons belangstel in mekaar se lewens.
Wanneer almal saamgesels en ons met mekaar glimlag en in mekaar se oë kyk. En na mekaar luister. En probeer om dinge uit die ander een se perspektief raak te sien en te verstaan. Wanneer ons een-tot-een geleenthede skep vir gefokusde aandag.
Wanneer ons dinge doen wat almal geniet, saam lag en speel.
Wanneer ons mekaar ondersteun wanneer daar uitdagings is en mekaar aanmoedig wanneer moeilike dinge gedoen moet word.
Wanneer ons mekaar se pogings en suksesse erken – belangrik, ons gee maklik erkenning vir suksesse maar nie vir effort nie – dit is baie keer baie belangriker om effort te erken as suksesse want oor suksesse het ‘n mens nie altyd beheer nie, wel wat jy bereid is om in te sit.
Waardering word gedoen wanneer ons liefde gee, ook fisies, al is foute gemaak
Ook wanneer ons mekaar se sterkpunte gebruik – “Jy is goed met dit, doen jy dit vir ons.” Dit gee veral kinders die geleentheid vir erkenning en selfkennis.
Waardering is gesinstories vir mekaar vertel, “Toe jy 5 jaar oud was, het jy …………… Dit was wonderlik!”
 
 
 

Filter

Search

Show

20
20
32
64
100
200

Sort

Age: New to Old
Age: New to Old
Age: Old to New
Title

Categories

Select All
Family
Search  

Comments

Be the first to write a comment.

Leave a Comment

Replying to...
Name / Nickname *
Email *
Comment *
Submit Comment

Contact

Name *
Number *
Regarding *

Contact Details

philip@philipvoigtlifecoaching.com
082 562 6943
2 Link Road, Linton Grange, Gqeberha, 6015

Using this site means you accept its terms | Copyright © 2024 Philip Voigt Life Coach, Gqeberha, South Africa
Powered by Webpro | Created by IT Design
Top