Call +27 82 562 6943
More Info? E-mail Us
2 Link Road, Linton Grange, Gqeberha, 6015

Wat sterk gesinne doen - 6

 Philip Voigt Life Coaching   2022-08-22  Comments Family
Family Gbb80323e51920

HANTEER 'N KRISIS
 
INTRO
Wat was die grootste krisis in julle gesin?
Hoe het julle daardeur gekom?
 
STERK GESINNE doen dinge wat lekker is, waaraan elkeen entoesiasties kan deelneem.
Hierdie LEKKER TYE SAAM vra TYD – daarom ‘n bietjie beplanning. En maak die beste gebruik van die SPONTANE pret-OOMBLIKKE.
 
LEKKER TYE SAAM versterk die verhoudings, verbeter kommunikasie, kosbare memories word gemaak en gesins-identiteit, behoort, word versterk.
  
STERK GESINNIE is nie immuun teen moeilike en uitdagende tye nie. Wel, geen gesin nie.
 
Die krisisse wat oor gesinne se pad kan kom is dood, siekte, finansies, konflik in verhoudings, ‘n ouer wat ‘n werk verloor,…….en nog! En krisisse gaan gepaard met baie sterk emosies, woede, angs, skuldgevoelens, vrese, angs en nog…..
 
STERK GESINNE val nie as gevolg van krisisse uitmekaar nie, hulle bly by mekaar en  staan saam.
 
In ‘n krisistye, tel  veral 2 dinge in STERK GESINNE se guns:
-POSITIEWE KOMMUNIKASIE – hulle praat met mekaar, en luister na mekaar  - hulle haal nie hulle frustrasies en spanning en vrese en bekommernisse uit op mekaar nie, wat gewoonlik ‘n geskreeu op mekaar is en die rondslinger van verwyte. Dat krisisse in alle gesinne konflik kan bring- dit is so, maar dit word reg hanteer.
 
Omdat hulle praat met mekaar is hulle in die krisis in voeling met mekaar en kan hulle ondersteun soos elkeen dit nodig het. En hulle put krag uit mekaar
 
Omdat hulle mooi praat met mekaar, oor die krisis, het hulle die vermoë om krisisse kreatief en effektief te bestuur. So in die saam praat los hulle die dinge op. Hulle kom by oplossings uit. Elkeen lewer ‘n bydrae. Dit is nie net een se probleem om uit te sorteer nie.
Omdat hulle in voeling is met mekaar, en saam is, is hulle baie meer aanpasbaar – krisisse vra soms dat aanpassings gemaak moet word. Sterk gesinne kan dit doen. Dit is die emosionele sekuriteit wat daar in STERK GESINNE is, wat hulle aanpasbaar maak. Want soms moet dinge na ‘n krisis anders gedoen word – pa moet bv ‘n nuwe rol in die gesin speel en ma moet dalk ‘n nuwe vaardigheid aanleer.
 
In krisistye kan kinders ook weet wat aangaan – nie altyd al die detail nie en ook net wat op hulle bevatlikheidsvlak is. Hoeveel en indien kinders moet weet, daaroor moet die ouers besluit. Onrhou dat kinders kan agterkom as daar fout is.
 
-Wat ook in STERK GESINNE se GUNS tel is die POSITIEWE ATMOSFEER in daardie gesinne. Dit bring ‘n POSITIEWE INGESTELDHEID, ons kan hierdie ding doen, ons kan hierdeur gaan. Dit maak dit in enige krisis net soveel makliker…. Hoor die ONS kan… ONS!
 
STERK GESINNE is natuurlik ook minder geneig  tot krisisse, want dit gaan goed daar. Gesinne wat sukkel, leef dikwels van die een krisis tot die volgende, wat hulle dikwels self skep…..  Waarom STERK GESINNE ook minder geneig is tot krisisse, is omdat hulle moeilikheid sien kom en betyds iets daaraan doen.
 
Wat interpersoonlike krisisse in STERK GESINNE betref, en dit kan gebeur, wil niemand wen of verloor nie – dit moet ‘n wen-wen wees. As die moeilike gesprekke gevoer moet word kan dit gebeur. As daar vergewe moet word, kan vergewe word. En daar is hope geduld met mekaar! En daar is genade met mekaar, en liefde so tussendeur moontlike seer.
 
Die laaste gedagte, STERK GESINNE weet wanneer om hulp te vra. Elke mens, elke gesin, het sy grense. Om presies te wees, STERK GESINNE kan hulp vra omdat hulle ‘n STERK ONDERSTEUNING SISTEEM het, hulle is nie alleen nie! Die kerk, vriende, uitgebreide familie en professionele hulp is beskikbaar.
 
En dan natuurlik God – STERK GESINNE draai na God!

Filter

Search

Show

20
20
32
64
100
200

Sort

Age: New to Old
Age: New to Old
Age: Old to New
Title

Categories

Select All
Family
Search  

Comments

Be the first to write a comment.

Leave a Comment

Replying to...
Name / Nickname *
Email *
Comment *
Submit Comment

Contact

Name *
Number *
Regarding *

Contact Details

philip@philipvoigtlifecoaching.com
082 562 6943
2 Link Road, Linton Grange, Gqeberha, 6015

Using this site means you accept its terms | Copyright © 2024 Philip Voigt Life Coach, Gqeberha, South Africa
Powered by Webpro | Created by IT Design
Top