Call +27 82 562 6943
More Info? E-mail Us
2 Link Road, Linton Grange, Gqeberha, 6015

Wat sterk gesinne doen - 7

 Philip Voigt Life Coaching   2022-08-22  Comments Family
Boys G4933a183a1920

GESONDE GELOOF
 
INTRO
Wat dink jy, is die EEN ding, die EEN ding, wat jou gesin SAAMBIND as ‘n hegte EENHEID?
 
Navorsing het gewys dat sterk gesinne, wêreldwyd, glo in ‘n groter mag, wat hulle lewens kan verander. Wat hulle die krag kan gee om te oorleef in moeilike tye, wat hoop gee en sin aan hulle lewens. GELOOF in hierdie groter mag, geestelike oortuigings, is een van die geheime van sterk gesinne.
 
Hierdie GEESTELIKE DIMENSIE word deur verskillende gesinne en kulture op verskillende maniere gesien, verstaan en beskryf. Vir ‘n volgeling van Jesus Christus, is dit geloof in die Drie-Enige God, Vader, Seun en Heilige Gees.
 
Wat bied die geestelike dimensie, geloof in God vir gesinne?
 
1.Dit bind gesinne saam want dit is ‘n gedeelde oortuiging, en ‘n diep oortuiging. Dit skep ‘n baie sterk band tussen gesinslede. Dit is wat ons saam glo en wat ons saam doen – ons gaan saam kerk toe, vier saam Christelike feesdae, volg saam Christelike tradisies.
 
2.Dit gee ook sin en betekenis aan die lewe. Dit beantwoord vrae soos ‘Waarom is ek hier?’ en ‘Waaroor gaan die lewe?’ ‘n Christen-gesin weet dat ons hier is om in verhouding met God te leef. Om lief te wees vir God en medemens.
 
3.Geloof in God bring ook ‘n positiewe perspektief op die lewe – daar is probleme, maar daar is altyd hoop. Die Christelike HOOP is die sekerheid dat God in ons lewens werk en die verwagting, en opgewondenheid om te sien wat God gaan doen. Geloof is die fondament waarop gesinne hulle lewens kan bou.
 
4.Geloof gee ook riglyne om volgens te leef. Om lief te wees, om te gee, om te vergewe en te deel. Om ander te behandel soos wat ek self behandel wil word. As ons dit kan regkry om te leef soos die Bybel ons leer, sal ons gesinne hemel wees.
 
5.Geloof maak ons ook vry van negatiewe emosies – bekommernisse, woede, angs, vrese en skuldgevoelens.  ‘n Gesin waarin hierdie negatiewe emosies oorheers, kan nie sterk wees nie.
 
6.Geloof moedig uitreik aan, verhoudings. Ander mense, ander gesinne met wie ons die goeie kan deel. Gesinne wat positief op mekaar kan inwerk. En gesinne wat kan saamstaan wanneer daar moeilike tye is. Gesinne wat vir mekaar rolmodelle kan wees.
 
7.Die geloofsdimensie maak dit moontlik om te kan bid – saam met mekaar, vir mekaar, vir ander mense. Om te kan put uit die krag, die wysheid en die vrede van God.  “Through our prayers, we can touch God’s great wisdom, love and peace.”Gesinne wat deur gebed hierdie dinge kan gaan haal by God, is sterk!
 
Vriende, ‘n lewende geloof in God, maak die lewe makliker en die gesin ‘n lekkerder plek! Hoe belangrik is GELOOF in jou lewe, en in die van jou gesin?
 
Saam met hierdie video, kry jy die teks van hierdie video en KRISIS-HUISWERK.  Ook ‘n “ONS ONTMOET BYBEL-GESINNE” vir die kinders. Hierdie keer die gesin van koning Salamo.
 
Hierdie was die laaste in ons reeks DIE 6 DINGE WAT STERK GESINNE DOEN. Daar is nog een bonusvideo oppad…. Ek hoop dat dit vir jou gesin ‘n positiewe ervaring was. Die terugvoer wat ek kry is dat hierdie 6 dinge nie ewe maklik is om oor te praat in alle gesinne nie. Van die temas was vir party gesinne baie ongemaklik. Maar druk deur – en as julle vashaak, kry dan iemand met wie julle kan gesels.
 
‘n Laaste gedagte, ‘n persoonlike opinie; partykeer is dit beter om nie FOUTE TE PROBEER REGMAAK nie, maar eerder net die REGTE DINGE TE BEGIN DOEN, al is dit babysteps.
 
“Family is not just an important thing. It's everything.”
“The love of a family is Life's greatest blessing.”
“It just feels good to be part of a warm and loving family.”
 
 
 

Filter

Search

Show

20
20
32
64
100
200

Sort

Age: New to Old
Age: New to Old
Age: Old to New
Title

Categories

Select All
Family
Search  

Comments

Be the first to write a comment.

Leave a Comment

Replying to...
Name / Nickname *
Email *
Comment *
Submit Comment

Contact

Name *
Number *
Regarding *

Contact Details

philip@philipvoigtlifecoaching.com
082 562 6943
2 Link Road, Linton Grange, Gqeberha, 6015

Using this site means you accept its terms | Copyright © 2024 Philip Voigt Life Coach, Gqeberha, South Africa
Powered by Webpro | Created by IT Design
Top