Call +27 82 562 6943
More Info? E-mail Us
2 Link Road, Linton Grange, Gqeberha, 6015

Wat sterk gesinne doen - 5

 Philip Voigt Life Coaching   2022-08-22  Comments Family
Family Gb733f1dda1920

LEKKER TYE SAAM
 
Die geheim van hierdie POSITIEWE KOMMUNIKASIE in STERK GESINNE is hulle gewiligheid en vermoë om regtig na mekaar te LUISTER. Om na mekaar luister is om respek te betoon!  En RESPEK bring VRYMOEDIGHEID en EERLIKHEID.


Goed….nou oor LEKKER TYE SAAM……. Sterk gesinne het LEKKER TYE SAAM.


In ‘n studie met 1500 kinders is gevra: “Wat dink jy maak ‘n gesin gelukkig?” Min het gesê geld, ‘n kar, ‘n mooi huis, ‘n groot televisie, en sulke dinge maak ‘n gesin gelukkig.
Die meeste kinders het gesê ‘n gelukkige gesin DOEN DINGE SAAM MET MEKAAR, en geniet regtig die tye saam met mekaar.
Van die lekkerste tye in my lewe was die atletiekbyeenkomste waaraan my kinders deelgeneem het. Al drie. Vir daardie dae is verlof ingesit, ‘n coolbox gepak en ons was tot die aflosse in die aand, die hele dag op die pawiljoen. Van die lekkerste tye wat ek in my lewe het.
 
Doen dinge wat vir jou gesin lekker is, waaraan elkeen entoesiasties kan deelneem.
Nie almal is mal oor bordspeletjies nie. As daar iemand in die gesin is wat daarvan hou, dan speel almal entoesiasties saam. As daar iemand is wat hou van stap, dan gaan stap almal saam. As tuinkrieket gespeel word, speel almal saam. En as iemand iets doen waaraan die ander nie kan deelneem nie, moet die res daar wees om te ondersteun en aan te moedig.
Julle kan ook SPANWERK doen; saam kosmaak – elkeen kry iets om te doen, of saam in die tuin werk. Of ‘n ander gesin oornooi vir ‘n kompetisie. En dan net ok wees as julle dalk verloor!
Hierdie LEKKER TYE SAAM vra TYD – daarom ‘n bietjie beplanning.
Vir baie gesinne is TYD ‘n groot uitdaging. Baie gesinne is gejaagd, gestres en sukkel om hulle tyd te bestuur. Daardie gesinne moet weer gaan dink oor wat regtig belangrik is!
Maar LEKKER TYE hoef nie altyd beplan te word nie, dit gebeur ook spontaan. Dit is baie keer die dinge wat SPONTAAN gebeur, wat die lekkerste is. Maak die meeste van daardie oomblikke. En onthou dat pret soms morsig kan wees! Laat dit maar morsig gebeur. Julle kan altyd later skoonmaak. Moenie dat jou behoefte aan NETJIES wees, en ALLES MOET IN PLEK WEES, en ALLES MOET OP TYD GEBEUR,  die pret bederf! Nee!
LEKKER TYE SAAM versterk en verdiep gesinlede se band met mekaar. Dit verbeter ook kommunikasie. In daardie tye word gesinne-tradisies gebore word en memories gemaak word. Daardie tye is die einde van eensaamheid en isolasie.
LEKKER TYE SAAM bou ‘n baie sterk gesins-identiteit – ek is deel van ‘n span en ons is a mean team!
Julle uitdaging vir die week: SKEP ‘n paar LEKKER TYE SAAM! Ouers moet die inisatief neem en die dinge laat gebeur. 

Filter

Search

Show

20
20
32
64
100
200

Sort

Age: New to Old
Age: New to Old
Age: Old to New
Title

Categories

Select All
Family
Search  

Comments

Be the first to write a comment.

Leave a Comment

Replying to...
Name / Nickname *
Email *
Comment *
Submit Comment

Contact

Name *
Number *
Regarding *

Contact Details

philip@philipvoigtlifecoaching.com
082 562 6943
2 Link Road, Linton Grange, Gqeberha, 6015

Using this site means you accept its terms | Copyright © 2024 Philip Voigt Life Coach, Gqeberha, South Africa
Powered by Webpro | Created by IT Design
Top