Call +27 82 562 6943
More Info? E-mail Us
2 Link Road, Linton Grange, Gqeberha, 6015

Wat sterk gesinne doen - 4

 Philip Voigt Life Coaching   2022-08-22  Comments Family
Woman Gde65656551920

POSITIEWE KOMMUNIKASIE

 

Hoeveel aande van die week eet julle saam aan tafel?
 
Sterk gesinne praat met mekaar. Hulle gesels oor die gewone dingetjies van elke dag. Die oop-einde gesprekke, sommer net gesels met mekaar, saam kuier. Daarom is hulle in voeling met mekaar. En so in die gesels kom interessante dinge uit en word ‘n paar familie-dingetjies sommer  uitsorteer.
 
Daar is ‘n waardering vir die spontane gesprekke – soos wanneer kleiner kinders wil gesels oor hulle gevoelens wanneer hulle in die bad is of moet bed toe gaan. Dan word daar gesels! Dit is dan doodgewoon stupid om ‘n kind stil te maak od krt te knip want bedtyd is bedtyd!
 
Sterk gesinne gesels ook oor die dieper dinge van die lewe met mekaar, soos gevoelens en oortuigings, vrese en drome. Die gesin is ‘n veilige plek  waar kinders met vrymoedigheid, sonder vrees, ook die ongemaklike emosies soos skaamte, verwarring en verleentheid kan deel.
 
Hulle praat ook oor die moeilike dinge met mekaar. As daar ‘n saak is wat bespreek moet word, is die kommunikasie op die saak gefokus, hulle kan die deurpraat. Die probleem word identofiseer en dan word saam besluit oor die oplos daarvan.
 
Wat maak POSITIEWE KOMMUNIKASIE in gesinne moontlik?
 
Hulle luister regtig na mekaar!
 
Om na mekaar luister is om respek te betoon!  Respek vir elkeen se emosies, elkeen se opininie, elkeen se geluk! Ek luister want hoe jy voel en hoe jy dink is vir my belangrik. Ek wil weet wat jou pla. Ek wil jou graag verstaan!
 
Partykeer praat ons kinders met ons oor goed waavan ons niks weet of verstaan nie. Soos dit het by die skool gebeur.. en toe doen hy dit… en toe sê dit.. en ek luister en vra vrae want ek het lankal die draad van die storie verloor;  want ek stel belang in jou storie omdat ek belangstel in jou!
 
Dan is daar die vrymoedigheid om oor die dieper dinge van die lewe met mekaar te gesels; omdat daar irespek en begrip is. Geen vrees vrees om ‘kwesbaar’, ‘broos’ voor mekaar te wees  nie! Dit is ‘n veilige ruimte.
 
Respek is ook om iemand wat nie wil praat nie, so te respekteer. Veral tieners wil nie altyd praat nie. Maar julle kan steeds saam wees en saam dinge doen. Dit is die net saam wees wat nodig is vir wanneer hy/sy gereed is om te praat.
 
Hierdie kommunikasie versterk en verdiep die verhoudings met mekaar, wanneer iemand verstaan, gehoor, gerespekteer en gewaardeer voel. Dit is positief en effektief!
 
Oordeel en ‘n onwilligheid om te luister is die einde van positiewe kommunikasie. Dan word negatief en destruktief kommunikeer met  stilstuipe,’n geskree op mekaar, oor en weer verwyte en word ge-ignoreer.
 
‘n Laaste gedagte: Wees ook ingestel op nie-verbale kommuikasie – gevoelens word ook so kommunikeer word. ‘n Tiener wil dalk nie met jou praat nie, nie nou nie, maar hy/sy staan nader vir ‘n drukkie of om vasgehou te word. Jy moet dit kan ‘hoor.’
 
Self stuur ons ook nie-verbale boodskappe uit – ‘n drukkie, ‘n soen en oogkontak sê ek wil naby aan jou wees. ‘n Frons en ‘n grumpy stemtoon sê vir die gesin jy is nou regtig nie lus om hierdie dinge saam met hulle te doen nie.
 
Ons leef in ‘n wêreld, waarin mense eerder sal praat as om te luister. Daarom is mense so min in voeling met mekaar. In sterk gesinne word GELUISTER & GEPRAAT.
 
We are one – we are family!

Filter

Search

Show

20
20
32
64
100
200

Sort

Age: New to Old
Age: New to Old
Age: Old to New
Title

Categories

Select All
Family
Search  

Comments

Be the first to write a comment.

Leave a Comment

Replying to...
Name / Nickname *
Email *
Comment *
Submit Comment

Contact

Name *
Number *
Regarding *

Contact Details

philip@philipvoigtlifecoaching.com
082 562 6943
2 Link Road, Linton Grange, Gqeberha, 6015

Using this site means you accept its terms | Copyright © 2024 Philip Voigt Life Coach, Gqeberha, South Africa
Powered by Webpro | Created by IT Design
Top